Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Carapace

@ Sunday Times Books LIVE

Vier van Karapaks 6

Karapaks 6

Karapaks 6 – aka Carapace issue 71 – was launched last night at Rust-en-Vrede in Bellville. A great turnout, and some terrific, very funny readings. Two poems that drew great applause:

’n Straight literêre vergryp

ek wil jou verlaine, fryer
wil jou sexton en gert vlok nel
ek is a g visser ek maak jou gorter los
trek uit jou van broekhuizen
my hand sepamla jou philander en watermeyer
achebe ek sal jou weideman
jou vingerpunte vind my tt cloetes glad en sag soos ’n waterval
my pushkin is heuning en fluweel
die kirsch roosknop blum jan blom en kelkblaar
ek is nat nakasa
my neus ryk hattingh jou vel
vinger en lip verken eybers jou woordfoël
ek chekov jou hoogenhout jou stockenström
jou lina spies jou gustav jou mandelstam
jou tolstoi jou shakespeare jou hoornik
ek wil jou balzac jou holst jou boutens vondel
ons doen die opperman
die oomblik wanneer jy huiwer op die brink
wil ek verleng en die paarrym uitstel
want wanneer jy ingrid en binne my wopko
– en ek hoop jy nijhoff stadig –
begin ek amper onmiddellik ee cummings
en sal vir ’n halfuur aanhou komrij
wanneer jy jou sartre enjambement
vibreer ek soos ’n stemvurk
ruk soos ’n pannevis
een ontblote nerf in die naglug
dan wyk alle allende
ek krige hoendervleis en sal huygens yeats en joyce
en waarskynlik ’n bietjie heilna heese bellow en proust
selfs belcher en pope
teruglê teen die cussons
en my hooft teen jou borskas koestler

- Deborah Steinmair

*

Onse Vader

Onse Vader in die Hemel
gee ons nog in hierdie millennium
ons verdiende ys-eeu
ons agttiende ys-eeu
sodat ons nie ons daaglikse plastiekverpakte kos
                 by Woolworths kan kry nie
en die waan van vlekkelose vrugte en groente kan afskud
ruimte-eeu gedrogte
wat ons nie ons daaglikse aspirien gee
in gesonde kneusplekkies
van klip, kluit en wurm.
Verlos ons van Woolworths
se gladde tjerries,
hul snipperige parcels,
want Vader,
hulle dink
U het ons onder ’n kalkoen uitgebroei.

- Annelie de Wet

Contributors to Karapaks 6

Andries Bezuidenhout, Gerrit Brand, Corné Coetzee, Toast Coetzer, Jan de Bruyn, Mia de Jager, Annelie de Wet, Thérèse Fensham, Jeanne Goosen, Lucille Greeff, Erns Grundling, Ronelda S Kamfer, Katvrou, Hunter Kennedy, Riku Latti, Danie Marais, Lionel Murcott, Ronel Nel, Jansie Potgieter, Liezel Potgieter Heigers, Gerhard Rasch, Carina Stander, Deborah Steinmair, Andrè van Vuuren

Twee meer van Karapaks 6

As die einde kom (vir my honde)

Met sagte toue
sal ek julle aan my vasbind
en met een onder elke arm
sal ons deur die nag stap
Ek sal julle met my raspertong troos
Op ’n spoor sal ons gaan lê
drie-enige knus en ewig
wagtend op die Trans Karoo

- Jeanne Goosen

*

Splinters in ’n
streepsak met ’n beker vol moerkoffie en die
reuk van gebakte Granny Smiths voor ’n warm stoof
onthou ek my ouma se bontrok
ek onthou hoe ek verstik het toe ek sê dat ek nooit so ’n rok sal dra
nie
ek onthou branikels en surings ’n miester
van ’n plaasskool se rottang genaamd Luister
my padda-oë en hoe ek altyd tweede of laaste in die
aflos geëindig het ek dink terug aan ’n streepsak
vol appelhout en hoe ek probeer het om die boom weer heel te
maak
na ure se moedelose probeer
kon ek net my trane afvee en die houtsplinters
uit my vuil hande trek.

- Ronelda S Kamfer

 

Please register or log in to comment